Veteraan an klassieke motor saamtrek by Oktoberfees

ClassicCarShow1
THABAZIMBI – Sowat tien lede van die “Toeta tot Nou” Motorklub van Pretoria het hul al die pad deurgery om hul saamtrek op Thabazimbi tydens die Oktoberfees te hou en tegelykertyd sommer saam fees te vier.
Die groep, onder leiding van Stephan Helberg, het reeds Saterdag Oggend 30 Oktober 5 uur die oggend uit Pretoria vertrek. Uit die mond van die Klub: “Dit was by verre die lekkerste fees/uitstalling. Thabazimbi se gasvryheid het vir hulle uitgestaan en hulle sal graag volgende jaar weer deel wil wees van die dag”.
Hulle sê ook groot dankie aan Pieter Pieterse van Thabazimbi vir die reëlings rondom die organisasie van karre asook almal van Thabazimbi wat hulle voertuie gebring het om deel van die uitstalling te wees.
Een van die sterre onder die ou veterane was die Ford Anglia met sy omgeboude V6 enjin. Die boute en sweislasse wat die karretjie aanmekaar hou moet sekerlik hande styf vashou as die enjin begin brul.
Die klassieke karre het ook Pieter se Chev Stingray, ‘n V8 Ford Ranger 70’s model en ‘n Morris wat eintlik eerder in die dragster-klas hoort met sy turbo-aanjaer op die 1000cc enjin.