Thabazimbi Karate Klub

45-Karate
Die Thabazimbi Kofukan (Shukokai) Karateklub het op 17 Oktober aan die Hawk Eye Karate Kampioenskappe in Brits deelgeneem. Die studente het goed presteer en op die foto is van links: Jacques Bronkhorst (Kata – 3de), Thabo Madisha (Kumite 2de), Ntando Nikosi (Kata 2de en Kumite 1ste), Fiki Ribimbi (kumite 1ste) en hul instrukteur, Rainier le Roux. Afwesig Siya Molapisi (Kata 3de en Kumite 2de), Thapelo Sesalome (Kata 3de en Kumite 2de) en Thabang Maboke (Kata 3de en Kumite 3de). Die klub se studente sal volgende week vir hul gradering gaan. Die klub oefen gereeld by die Thabazimbi Bioskoopsaal en belangstellendes kan so teen 17:00 gaan kyk en met Rainier gesels.