HFM betree ‘n nuwe Rugby era
Frikkie Meyer Hoerskool en Buco Thabazimbi het op Maandag 26 Oktober 2015 ‘n nuwe era betree met die borg van Frikkie Meyer Hoerskool se 1 ste rugby span asook die o/16 rugby span vir 2016 se rugby seisoen. Buco Thabazimbi het die O/15 rugby span vir 2015 met groot sukses geborg en is in samewerking met Hoerskool Frikkie Meyer baie opgewonde om bogenoemde 1ste en o/16 spanne vir 2016 se rugbyseisoen te borg. Mnre. Jaco van der Colff en Johan de Beer van Buco Thabazimbi is dit eens dat borge soos hierdie ondersteunend is tot die Thabazimbi gemeenskap.
