Gholfnuus

THABAZIMBI – Die Bielie van die Bosveld Gholftoernooi is weer suksesvol aangebied vir Thabazimbi Gholfklub. Hierdie Gholftoernooi is aangebied oor twee dae op 31 Oktober en 1 November.
Na ‘n stryd wat heen en weer geword het tussen vyf spelers het Heinrich Penzhorn sy staal gewys en Eugene Oberholzer gewen in ‘n uitspeel stryd. Die komitee word bedank vir al hulle reëlings in die borge vir hulle groot bydrae tot die toernooi. Die hoofborge was Thabazimbi koelkamers en R&H Sport.
Die Bruto wenners was as volg:
Eerste is H Penzhorn met 152, tweede E. Oberholzer met 152, derde is A Azar met 153, vierde is R de Wet met 154 en vyfde is B Gerber met 154 punte.
Die netto wenners is as volg:
Eerste S Masilo (141), tweede S Masebo (142), derde is P Masila (142), vierde B Buckland (143) en vyfde.
Eerskomende Saterdag, 7 November is Lebola se Gholfdag en almal is welkom om te kom speel.

Rikus de Wet en Barend Gerber het die Chipping en Putting kompetisie gewen.
Rikus de Wet en Barend Gerber het die Chipping en Putting kompetisie gewen.

H. Penzhorn wat die Bruto wenner was vir die dag.
H. Penzhorn wat die Bruto wenner was vir die dag.