Administrasie nog nie vir Thabazimbi

Democratic_Alliance_(South_Africa)_logo_2008
KAAPSTAD – “Die LUR (Cooperative Governance) ,Me Makoma Makhurupetje, het erken daar is groot probleme by die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit bestaan. Sy gaan oor die volgende twee maande aksies neem en daarna sal daar eers besluit word of Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit onder administrasie geplaas sal word” het sy aan Desiree van der Walt, DA Limpopo LP genoem nadat Van der Walt en dr Bertie Joubert, Raadslid by die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit, verlede Vrydag, 23 Oktober, ‘n besoek aan haar kantoor gebring het.
Aksies wat oorweeg kan word, soos in die Grondwet van SA vervat, sluit in: Hulp (waarskynlik ’n senior amptenaar) van beide Nasionale Tesourie en CoGTA asook van hul Provinsiale eweknieë.
Sy beveel ook aan dat die waarnemende CFO en MM onmiddellik teruggaan na hul oorspronklike poste en dat die vakante poste gevul word.
Sy het ook haar kommer uitgespreek teenoor die feit dat die MM se saak solank duur en dat hy met volle betaling by die huis sit.
Van der Walt het ook in haar gesprek met Kwêvoël genoem dat hulle (die DA)die volgende aksies gaan neem:
*aanhou druk toepas hier in die Parlement – besig om dokumente van Bertie ontvang te bestudeer;
*“Ek het op 26 Oktober die volgende Mosie in die Parlement se sitting gelewer: “I hereby move on behalf of the Democratic Alliance that at its next sitting, the House debates the total collapse of the Thabazimbi Municipality.”
Ek het ook skriftelike vrae aan die Minister van CoGTA begin vra. My kollega en ons DA Skadu Minister oor CoGTA, Kevin Mileham (LP) is ook besig met die dokumente van Raadslid Joubert wat hy aan die LUR oorhandig het en sal ook werk maak van die saak.
The question for written reply submitted on 26 October 2015 was the following:
Mrs D van der Walt (DA) to ask the Minister of Finance:
1.With regards to the MIG grants what amounts was allocated to Thabazimbi Municipality, Limpopo, in the following financial periods (a) 2011-12 (b)2012 -13 (c) 2013-14 (d) 2014-15 and (e) 2015-16;
2.During each of the above periods were any funds (a) underspent (b) rolled over (c) returned to Treasury, if so; in each case what is the relevant details;
3. Whether any official of his office is currently assisting Thabazimbi Municipality?