Saudi Royals eet by plaaslike Spur en dink Thabazimbi is koue plek

Gerhard Smal

THABAZIMBI – Tydens in besoek aan Thabazimbi, drippend van die sweet, soek ek ook maar na lafenis, maak toe in “lunch” stop by die plaaslike Spur op Thabazimbi.
Groot was my verbasing en nuuskierigheid toe daar in groep BMW motorfietse intrek met baie ondersteuningsvoertuie voor en agter.
Hoor toe vreemde taal, klink soos Arabies, en was toe “spot – on ” reg. Dit is in groep Saudi Royals met hulle “bodyguards” wat in avontuur reis met BMW GS motorfietse onderneem, oppad na Victoria Watervalle en terug.
Die manne was behoorlik honger en dors- net die oggend begin met hulle reis vanaf Johannesburg.
Hulle kan nie uitgepraat raak hoe mooi die roete is nie, en dan die weer, vir my is 37 grade celsius, flou val temperatuur, maar vir die Saudis is dit koud. Hulle vertel dat temperature by hulle 45-50 normaal is.
Die groep het toe lekker gesmul aan die plaaslike Spur spyskaart, met in voorkeur vir slaaie en lamsvleis. Tipies aan die inwoners van die Midde Ooste, rook hulle saam met ete, gelukkig het almal buite gesit.
Nietemin, dié vorm van toerisme, om motorfietse te huur en die land op so manier te verken, was vir hulle idillies, en kon nie verstaan hoe hulle gesukkel het om die tipe toer manier te kry. Volgens die leier Sarry Shaaban, is dit in groot leemte in Suid Afrika. “Die Saudis wil weer kom en nog areas so verken.”
Volgens Daryll vd Merwe die toerleier, spandeer die Saudi baie meer, hulle verwag 5 ster oornag akkommodasie en enkel kamers. So Suid Afrika hier is in nuwe kans!!

Op die foto is die Saudi Royals wat op Maandag 26 Oktober 2015 by Eagle Mountain Spur op Thabazimbi ‘n ete stop gemaak het. Hulle is op die foto van links: Jammel, Sahal , His Royal Highness Shams, Claude (Jordan), Sarri, and Eihab, Rakand. Voor op sy knieë is Darrell van der Merwe van GS toere wat ook die toerleier is.
Op die foto is die Saudi Royals wat op Maandag 26 Oktober 2015 by Eagle Mountain Spur op Thabazimbi ‘n ete stop gemaak het. Hulle is op die foto van links: Jammel, Sahal , His Royal Highness Shams, Claude (Jordan), Sarri, and Eihab, Rakand. Voor op sy knieë is Darrell van der Merwe van GS toere wat ook die toerleier is.