Oud Frikkie kry top aanstelling

Ludwig de Clercq, oud leerling van Hoërskool Frikkie Meyer wat in 2004 by HFM gematrikuleer het, is met ingang 1 November 2015 aangestel as ASIC (Application Specific Intergrated Circuit) ontwikkelings Ingenieur by Tridonic in Dornbirn, Oostenryk. Tridonic is ‘n internasionale firma, bekend vir elektroniese toerusting.
Na matriek voltooi Ludwig sy B.Sc en B.Sc (Hon) in Fisika, met lof en is ook aangewys as die beste leerling in sy vakgebied aan die Universiteit van Pretoria. Daarna verwerf hy sy M.Sc.Fisika, ook met lof, aan die Universiteit van Stellenbosch deur die WNNR.
Ludwig aanvaar gedurende Mei 2011 ‘n doktorale aanstelling by die ETH Universiteit in Zurich, Switzerland, waar hy gedurende Oktober 2015 sy Ph D in Fisika behaal.
Al hierdie het met baie toewyding gekom. Hy moes elektronika onder die knie kry en aangesien Duits die voertaal daar is, moes hy ook Duits aanleer. Dit het hy ook suksesvol gedoen, en kon sodoende ‘n permanente aanstelling by die universiteit kry.
Tans oorweeg hy verdere studies maar vir eers wil hy waardevolle ondervinding by Tridonic opdoen. Volgens hom sal die tyd leer wat hy vorentoe gaan doen. Vir nou wil hy die lewe net rustiger vat.

44-Ludwig de Clercq