Laerskool Platina Trompoppies by Gholfdag

Laerskool Platina se trompoppies wat aan die “Large Drill, Small Drill en Flag” kompetisie deelgeneem het.
Laerskool Platina se trompoppies wat aan die “Large Drill, Small Drill en Flag” kompetisie deelgeneem het.

SWARTKLIP – Laerskool Platina op Swartklip se Trompoppies is tans besig met fondsinsamelingsprojekte om die dogters vir 2016 te kan uitrus met nuwe uniforms asook om die nodige apparaat aan te koop.
Hul volgende projek is ‘n Familie Pret Golfdag wat op Saterdag 7 November 2015 deur hulle by die Swartklip Golfklub aangebied gaan word.
Die verrigtinge begin om 10:00 tot laat. Golf inskrywings beloop R100.00 per golfer wat ‘n ete vir die aand insluit. Etekaartjies vir die aand se braai is beskikbaar teen R60.00 per volwassene en R40.00 per kind. Daar is ook verskeie stalletjies wees wat u kan kom besoek. Die kinders gaan ook gedurende die dag met pret en speletjies besig gehou word. Daar sal ook ‘n springkasteel wees.
Kom geniet gerus die dag saam met ons en jou familie. Vir navrae is kan julle Laerskool Platina kontak by 014 786 0019
Laerskool Platina se Trompoppies het in 2014 vir die eerste keer aan kompetisies in Noordwes Provinsie begin deelneem. Hulle het in twee afdelings deelgeneem naamlik: Large Drill en Baton Twirling. Die Baton Twirling – groupie was bevoorreg om in Oktober 2014 aan die Nationale Kampioenskappe in Kaapstad deel te neem. Daar het hulle ‘n vierde plek behaal.
Vanjaar (2015) het hulle aan die Large Drill, Small Drill en Flag – afdelings deelgeneem. Baton Twirling het weggeval. Hulle beoog om in 2016 in nog meer afdelings deel te neem. Die groep het ook intussen van 17 dogters na 25 vir 2016 gegroei.