Graswewenaar in KunsteGrot

44-Graswewenaar KunsteGrot
Thabazimbi – Die jaar stap einde se kant toe en RiVo Amateur Toneel se jaarlikse produksie is weer op die planke.
“Graswewenaar” is ‘n tong-in-die-kies skreeusnaakse komedie wat beslis die lagspiere bietjie gaan losmaak, en dit met ons eie plaaslike akteurs.
Die teks is deur Nico Luwes, bekende dramaturg en hoof van die Drama Departement van KOVSIES (Universiteit van die Vrystaat). Regie is soos gewoonlik behartig deur Rita Volschenk.
Kom lag bietjie die sorge weg – dis net die regte medisyne
Die opvoerings by die KunsteGrot in Thabazimbi, is op Woensdag 4, Donderdag 5 en Vrydag 6 November om 18:30 elke aand. Kaartjies slegs R60 en ons pensionarisse kry gratis toegang.
Die groep gaan op 14 November in die Pierneefteater in Pretoria optree wat ‘n besondere geleentheid vir ons plaaslike talent is om vir die stadsmense te wys wat on shier plaaslik op Thabazimbi vermag.
Vir enige navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559.