Supa Quick Thabazimbi stel nuwe prysstruktuur vir hul produkte bekend

Op die foto is van links Agter: Gerhard Heyns (Bridgestone SA, Algemene Bestuurder Binneland Noord), Christo Janse van Rensburg (Algemene Bestuurder Supa Quick), Christo Joubert (Supa Quick Area Bestuurder), Shaun Wustmann (Bridgestone SA), Johann Snyman (Eienaar Supa Quick Thabazimbi), Matiam Barnard (Bestuurder Supa Quick Thabazimbi). Voor: Die Stones meisies : Lanie Snyman, Jennifer Lourens en Bernadette Britz
Op die foto is van links Agter: Gerhard Heyns (Bridgestone SA, Algemene Bestuurder Binneland Noord), Christo Janse van Rensburg (Algemene Bestuurder Supa Quick), Christo Joubert (Supa Quick Area Bestuurder), Shaun Wustmann (Bridgestone SA), Johann Snyman (Eienaar Supa Quick Thabazimbi), Matiam Barnard (Bestuurder Supa Quick Thabazimbi). Voor: Die Stones meisies : Lanie Snyman, Jennifer Lourens en Bernadette Britz

Die ou bekende Supa Quick tussen die Choppies sentrum en Thaba Mall het op 30 September ‘n funksie vir hul kliënte aangebied. Die funksie het ten doel gehad om die nuwe prysstrukture vir Bridgestone en Firestone produkte bekend te stel.
Mnr Halforty is die eerste Suid Afrikaner wat aan die hoof van Bridgestone staan, waar die pos voorheen altyd deur ‘n internasionale verteenwoordiger gevul is. Mike se kennis van die plaaslike mark het tot dusver baie positiewe resultate gehad en Supa Quick wat binnekort dertig jaar oud is se posisie as die grootste handelaar (248 takke landswyd) van sy soort in Suid Afrika herbevestig en versterk.
Bridgestone, die grootste bande produsent ter wêreld was goed verteenwoordig by die funksie deur onder andere mnr Gerhard Heyns, die Algemene Bestuurder van die Binnelandse Noordelike Streek. Vanaf Supa Quick hoofkantoor was mnr Christo Janse van Rensburg, die Algemene Bestuurder, ook teenwoordig.
Die funksie was baie informeel aangebied en het die “Stones Meisies” gehelp om kinders op te pas en toe te sien dat die gaste deurgaans versorg is.
Die eienaar van Supa Quick Thabazimbi, Johann Snyman, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die nuwe bestuurder van Supa Quick Thabazimbi, Matiam Barnard (‘n ou bekende in die bedryf) bekend te stel. Ook spog Supa Quick Thabazimbi met ‘n nuwe admin bestuurder in Tanja Kühn wat vanaf 19 Oktober by die span aansluit.
Volgens Snyman is die nuwe goedkoper pryse van die Bridgestone en Firestone produkte ‘n wenresep saam met die ou bekende “Tyre Damage Guarentee” op die Firestone passasiersbande en Bridgestone se groen band die Ecopia. Die waarborg waaronder jy slegs betaal vir loopvlak wat gebruik is, sou jy ‘n band verloor onder normale gebruiksomstandighede is enig in sy soort en is onlangs uitgebrei om ook Firestone se Destination 4 x 4 bande te dek. Hierdie waarborg maak dit dus onnodig vir ‘n voertuig eienaar om aparte versekering uit te neem vir sy bande.
Die funksie was ‘ n reuse sukses en is almal huis toe met geskenkies en het van die bittereinders tot vroeg in die oggend saam gekuier.