Huweliksklokke

43-Roselle Maartin
Twee oud-inwoners van Thabazimbi, Rochelle Smit, dogter van Herman en Yolandi Smit, en Martin Coetzee, seun van Tinos en Jeamette Coetzee, oud-inwoners van Thabazimbi wat intussen na Potgietersrus verhuis het, is op 3 Oktober in die huwelik bevestig. Die huweliksbevestiging het in die Black Eagle Boutique Hotel in Randburg plaasgevind. Rochelle was verbonde aan Laerskool Thabazimbi en is nou ‘n Gr 1 onderwyseres in Potgietersrus. Martin het in Thabazimbi groot geword en aan Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer. Die gelukkige paartjie spandeer hul wittebrood in Thailand.