Penguins swemuitslae

Die Penguin swemmers saam met hulle afrigter Rhoné Rhreeders wat te Ellisras aan die Gala deelgeneem het en baie goed gevaar het.
Die Penguin swemmers saam met hulle afrigter Rhoné Rhreeders wat te Ellisras aan die Gala deelgeneem het en baie goed gevaar het.

ELLISRAS – Die Penguin het die op 3 Oktober in Ellisras aan ‘n Gala deelgeneem en met ‘n string medaljes teruggekom. Wilmien Schutte was beste dogter 14jaar en Danele Botha beste dogter 9 jaar. Uitslae is as volg: Danele Botha (9 jaar) het in 50m Vlinderslag 1e, 50m Rugslag 2e, 200m IM 2em 50m Borsslag 2e, 50m Vryslag 4e en ook die Beste dogter swemmer 9 jaar gewen. Wilmien Schutte (14 jaar) het in die 50m Vlinderslag 1e, 50m Rugslag 1e, 200m IM 1e, 50m Borsslag 2e, 50m Vryslag 1e en Beste dogter swemmer in 14 jaar gewen. Tegan Theron (15 jaar) het in die 50m Vlinderslag 2e, 50m Rugslag 2e, 200m IM 2e, 50m Borsslag 2e en 50m Vryslag 2e geëindig. Anmerie Schutte (16 jaar) in haar 50m Vlinderslag 2e, 50m Rugslag 2e, 200m IM 2e, 50m Borsslag 2e en 50m Vryslag 2e geëindig. Fabio Viemeti (15 jaar) in sy 50m Rugslag 3e, 50m Borsslag 3e en 50m Vryslag 4e. Enrico van Niekerk (15 jaar) in sy vier items van 50m Vlinderslag 4e, 50m Rugslag 4e, 50m Borsslag 4e en 50m Vryslag 3e geëindig en Jan Adriaan du Plessis (16 jaar) in die 50m Vlinderslag 4e, 50m Rugslag 4e, 200m IM 4e, 50m Borsslag 4e en 50m Vryslag 4e.
Van die Laerskool Thabazimbi swemmers wat deelgeneem het was:
Josh Jones (7 jaar), 50m Rugslag, 50m Vryslag. Robbie Stow (9 jaar) in sy 50m Vlinder, 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag. Andre van Deventer (10 jaar) in 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag. Anke van Deventer (12 jaar) in haar 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag. Emma Stow (12 jaar) in die 50m Vlinderslag, 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag en Twana Nel (12 jaar) in die 50m Vlinderslag, 50m Rugslag, 50m Borsslag en 50m Vryslag.