Oktoberfees met Boetiekbier, Duitse geregte en ‘n Ierse kinkel

Die Ierse groep Blarney Brothers sal vir lekker saamsing musiek sorg.
Die Ierse groep Blarney Brothers sal vir lekker saamsing musiek sorg.

THABAZIMBI – Oktoberfeeste beteken reg oor die wêreld lekker kuier met ‘n koue bier in die een hand en so ‘n Duitse wors of wat in die ander. Dit is presies wat die inwoners van Thabazimbi op 31 Oktober by die Thabazimbi Skouterrein gaan ervaar met ons eie Thabazimbi Oktoberfees wat daar aangebied gaan word.
Besighede word uitgenooi om gazebo’s en sitplekke of bale uit te pak, besigheidsbaniere te laat vlieg en gratis in die ‘Bosveld Besigheidspark’ die dag saam met jou personeel of kliënte te kom geniet. ‘Gratis Advertering’ soos dié kom nie aldag na ‘n mens se kant toe nie.
Toegang tot die feesterrein is slegs R20 per volwassene en R10 per kind. Die hekke maak reeds 13:00 oop en daar gaan gekuier word tot laat die aand.
Sou jy dalk skuldig voel oor die gratis advertering, is jy welkom om ‘n prys of drie vir die amper 20 verskillende uitdagings wat die dag plaasvind te borg. Hiermee saam kry jy sosiale media advertering en erkenning as ‘n prysborg.
Die Blarney Brothers gaan vir lekker kuier- en saam-sing-musiek sorg. As jy nog nie saam met dié Ierse manne gekuier het nie, mis jy uit op baie pret
Velvet Sounds gaan die ‘Duitse atmosfeer’ met oompah klanke aan die gang hou
Voorsorg word getref vir genoeg Duitse eetgoed en genoeg bier. Hiervoor sal Pick n Pay Thabazimbi (borg), Dewside, Kommanader, La Vie & Rose, Tambotieversorgsentrum en ander instansies sorg.
Op hierdie stadium kan bevestig word dat Dewside, Thabazimbi se eie Craft Bier brouery, hulle bier daar op tap gaan hê. So ook sal Copperlake Craft Bier ook by Dewside se stalletjie op tap wees. Vir diegene wat ander bier of dalk ‘n branna verkies terwyl hulle rugby kyk, sal daar voorsiening gemaak word. Daar word ook voorsien dat nog Craft bier brouers hul eie unieke produkte daar sal hê.
Thaba Superspar (borg) gaan sorg vir ‘n groot skerm en paviljoensitplekke om die Wêreldbeker Rugby finaal op Twickenham saam te kan geniet
Animalsure (borg) voer ‘n meganiese ‘buffel’ bul in om te kyk of hier ‘n ‘Buffeltemmer’ in die Bosveld rondloop
Vodacom (borg) gaan die ‘Longest Rugby Pass’ aanbied. Dalk ontmoet ons Fourie du Preez se opvolger.
Coca Cola (borg) bring hulle ‘road show’ truck wat as ‘verhoog’ vir die dag sal dien.
Daar is vele uitdagings vir besoekers. Van die Medhof Pool Challenge, Thaba Boog & Hengel se 3-in-1 skerpskut Challenge, Supaquick se Bike Tyre Throw Challenge, Romans Pizza & Steers se Hunger Games en vele meer.
As jy vroeg wil begin, kom beleef die eerste ‘Kleinbokkie’ veiling wat 11:00am deur Thabazimbi Wildlife Services aangebied word by die wildshokke op die skouterrein.
Oor jou kinders hoef jy jou nie te bekommer nie. Suikerbekkies gaan hulle besig hou met Monkeynastics en die Inflattable Park & Games, spesiaal vir hulle genot waar hulle besig gehou sal word terwyl ma en pa kuier.
Gewis ‘n dag propvol Bosveld-Duitse pret en plesier vir die hele gesin. Kom ons sit weer die kuier in die fees op Thabazimbi in.
Vir meer inligting, skakel gerus enige van die onderstaande nommers:
Natalia – 079 686 0951, Jacques – 083 303 9230, Riana – 072 671 9710, Jason – 083 444 2546, Tokkie – 083 676 2301, Chris – 083 225 4709, Bernadine – 083 609 5997, Talita (Northam) – 079 065 3766, Deidre – 084 516 9638 of Rudolf – 082 802 3745 of stuur e-pos aan thabazimbibc@gmail.com.