Voetspoorfees Fietsryers

Die deelnemers wag rustig om weg te spring vir die dag.
Die deelnemers wag rustig om weg te spring vir die dag.

THABAZIMBI – Donderdag 27 September was daar al van 5 uur die oggend gewoel en gewerskaf om die 15 en 30 km fietswedren om ThabaNkwe Lodge en Restaurant in plek te kry, wat deel gemaak het van die dag se Voetspoorfees van die NG Kerk Thabazimbi.
Baie mense het gehelp met die aanwysing, inskrywings en nooddienste.
Oud en jonk het deelgeneem en dit vreeslik geniet om op die lekker lente oggend om die gronde te ry. Foto’s van ThabaNkwe Facebookblad.