Spar Win A Car

41-Spar kar
Die trekking van die motorvoertuig wat gewen kon word by Thaba Superspar is verlede week gedoen. Die wenner van die Hyundai i10, was Estie de Beer van Thabazimbi. ‘n. Oorblufde Estie is by haar werk gaan haal en kon haar oë nie glo toe die sleutel aan haar oorhandig is nie. Buiten die kar ontvang sy ook drie maande se bradstof as ‘n Spar-kaarthouer. Op die foto is voor van links: Bokkie, slaghuisbestuurder, Estie de Beer (wenner) en Hannes Coetzee, eienaar van Thaba Superspar. Agter loer Moks Pelser, wat die trekking gedoen, het deur die dakluik.