Boomidentifikasiekursus van Inheemse Bome

41-Dendrologiese vereniging
Het jy al ooit gewonder watter boom staan in jou tuin of langs die roete wat jy begaan? Weet jy watter vrugte om te geniet en watter om te vermy? Ken jy die verskil tussen ‘n koeboebessie en ‘n koedoebessie? Waarom is ‘n boom ‘n boom? Het jy ‘n betroubare sisteem om ‘n onbekende boom te identifiseer?
Hierdie en baie ander interessante vrae word in die Dendrologiese Vereniging se gewilde boomidentifikasiekursus beantwoord. Dis is ‘n spannende en interessante reis op die pad van ons inheemse bome, en strek oor ‘n hele naweek vanaf die Vrydagnamiddag tot die Sondag. Jy het geen vorige blootstelling nodig nie en sal gelei word in die gebruik van ‘n eenvoudige boomsleutel tot waar jy baie van die inheemse bome in jou omgewing en elders sal kan identifiseer. Die kursus behels beide teoretiese klaskamerwerk asook omvattende praktiese blootstelling en veldwerk. Beide Afrikaans en/of Engels word in die kursus gebruik, en jy hoef daarna nooit weer vir die basiese konsepte in boomkunde te skrik nie. Sekere kursusmateriaal word voorsien maar jy sal jou eie voorgeskrewe boomgids moet aankoop.
Indien jy nou al lank die begeerte koester om meer te weet van ons besondere boomerfenis in Suid-Afrika kan jy nie ons eerskomende kursus misloop nie. Hierdie kursus word vanaf 13 tot 15 November 2015 aangebied te Doorndraai Lodge naby Rooiberg so ‘n endjie suid van Thabazimbi, teen die skamel koste van R2 200 per persoon wat verblyf in luukse chalets en alle etes insluit. Lede van die Dendrologiese Vereniging sal slegs R1 950 hoef te betaal.
Vir verdere inligting, of om te registreer, stuur ‘n epos aan Hartwig von Dürckheim by hartwigd@iafrica.com, telefoon 082 269 9149. Registrasies sluit op 1 November 2015. Sien jou daar!

Course in the identification of indigenous trees
Have you ever wondered about what tree grows in your garden, on the trail or along the road side? Do you know which fruit or berries to enjoy and which to avoid? Do you know a kuduberry from a koobooberry? Why is a tree a tree? Do you know how to identify a tree?
These and many other interesting aspects are dealt with in the popular Tree Identification course offered by the Dendrological Society. This is an engaging and interesting journey along the path of our indigenous trees and extends over a whole weekend, from the Friday afternoon to the Sunday. No prior tree or botanical knowledge is required and you will be guided in the use of a simple identification key to the point where you will actually be able to identify many indigenous trees around you. The course entails some theoretical material and extensive practical work in the veld. Both English and Afrikaans are used as language medium to make sure that you will never again have to feel alarmed when people talk about the basic concepts of tree science. Certain course material is provided but participants are required to invest in a prescribed field guide which is available in print format or as an app for smartphones.
If you wish to constructively engage with our very special tree heritage of indigenous trees or are searching for a rewarding hobby to practice, then grab this opportunity to attend the forthcoming tree identification course of the Dendrological Society. The course will be conducted from 13 to 15 November 2015 at Doorndraai Lodge near Rooiberg, a short distance south of Thabazimbi. The cost of the three day course is a mere R2 200 per person (R1 950 for members), which covers the course, luxurious accommodation in chalets, and all meals.
To register send an email to Hartwig von Dürckheim at hartwigd@iafrica.com or phone him for more information on 082 269 9149. Registrations close on 1 November 2015. See you there!