Armoede sal bly

comment
Daar is sekerlik nie ‘n land, veral in Afrika, wie se grootste prioriteit die uitroeiing van armoede is nie. Ongelukkig bly hierdie net ‘n hersingskim en word daar niks daadwerkliks aan gedoen behalwe om maatskaplike toelaes aan diegene uit te deel wat net aanhou teel. Ons planet is reeds in so ‘n mate oorbevolk dat kanse goed is dat Suid-Afrika byvoorbeeld in 2020/25 nie genoeg skoon drinkwater vir al sy mense gaan hê nie, om nie te praat vir diere en laagste op die skaal van waterverdeling, die kommersiële boere wat nie sal kan kos produseer nie.
Suid-Afrika se status is van ‘n eerste-wêreldland, met ‘n uitstekende spoor- en paaie-netwerk, ‘n gesonde ekonomie en ‘n vervardigingsektor wat nie terug gestaan het vir ander lande nie, verlaag na die van ‘n derdewêreldland, ‘n sogenaamde ontwikkelende land.
Suid-Afrika se gesondheidnavorsing en vermoë was onder die beste in die wêreld geklassifiseer. Sover dieregesondheid aan betref het Onderstepoort wêreldwyd uitgestaan. Dit was dan ook in Suid-Afrika waar die eerste hartoorplanting suksesvol uitgevoer is.
Top mediese diense was aan almal, swarte en wit, beskikbaar. As jy geld gehad het kon jy in ‘n enkelkamer lê en besluit oor watter chirurg se dienste van gebruik gaan maak. As jy nie geld gehad het nie moes jy maar van die dienste deur die hospitaal verskaf gebruik maak. Al wat die apartheidswetgewing hiermee ingemeng het was dat swart mense nie in wit hospitale behandel is nie en wit mense nie in swart hospitale nie. Sover dit gesondheidsorg aan betref, was daar geen uitsondering nie.
Huidig sit ons steeds met die situasie dat onderskeid getref word tussen mense met mediese fondse en die daarsonder. Diegene sonder mediese fondse, swart en wit, word onderwerp aan swak en onhigiëniese hospitaalbehandeling, swak opgeleide verpleegsterskorps en swak disipliene in die hospitale. Ongelukkig het van hierdie fasette reeds na privaat hospitale waar swart en wit op gelyke voet behandel word, oorgespoel. Die hoofrede is die swak opleiding wat die personeel ontvang en regstellende aksie wat baie wit verpleegpersoneel uit die beroep hou, om nie te vergeet van verpleegpersoneel en dokters se mag om te kan staak, nieteenstaande die eed van Hippokrates wat hulle aflê om na die beste van hul vermoë die siekes te versorg. Ek glo die helfte van die verpleegsters het nog nooit hiervan gehoor nie.
Die ergste is die feit dat staatshospitale se begroting presies geskoei is op die van privaathospitale. Die geld verdwyn egter in die stelsel dat daar niks oorbly vir pasiënt versorging en spesialisafdelings in stattshospitale nie. Vergeet maar van die onhegiëniese toestande wat daar heers.
Almal het onder apartheid gely, jong wit mans as dienspligtigdes wat moes oorlog maak en gesterf het as gevolg van die feit dat hulle as staatseiendom gereken is waarmee die staat kon doen wat hulle ookal wou. Gedurende hierdie tydperk het baie swart mense in Suid-Afrika onder NP bewind hul universiteitsgrade verwerf. Hier hoef mens maar net na die een persoon wat sekerlik die grootste invloed op Suid-Afrika se geskiedenis gehad het, oud President Nelson Madela, wat in Suid-Afrika gegradueer het. Eintlik het die swart jong mans ‘n voordeel bo jong wit mans gehad deurdat hulle nie twee jaar in diens van die staat was nie en direk na matriek aan ‘n universiteit of kollege kon begin studier. Wit jong mans moes eers hul twee jaar diensplig voltooi voordat hulle dit kon doen.
Suid-Afrika is intussen gedeklasifiseer vanaf eerste-wêreldland na derde wêrelds as ontwikkelende land, en ook nie sonder rede nie.
Suid-Afrika het die grootste onderwysbegroting in Afrika maar, is die onderwys in ‘n gemors met Suid-Afrika wat die swakste in die wêreld vaar ten opsigte van vakke soos wiskunde en wetenskap. Dit sluit nie in die leerlinge by voormalige model C skole nie wat steeds op eerste wêreldvlak in hierdie vakke vergelykbaar is.
Opleidingskolleges vir vakmanne, onderwysers en verpleegsters is gesluit want die regering het gesien dat die staat geld hier sal moet spandeer. Geld wat nie deur korrupsie in hul eie sakke kon beland nie.
Deur ‘n fantastiese hoë onderwysbegroting voor te lê en nie geld aan opleidingskolleges af te staan nie, is daar baie maniere om hierdie geld na hul eie sowel as vriende en familie se sakke deur tenderpreneurs en ongehoorde groot bedrae aan verskaffers te kanaliseer.
Dit maak van Suid-Afrika ‘n derdewêreldse land en as gevolg hiervan sal armoede vir altyd deel uitmaak van die Afrika samelewing.
Dit gaan miskien ‘n stryd soortgelyk aan die een waaraan die Suid-Afrikaners, veral die wit Afrikaanssprekende bevolking na afloop van die Anglo Boereoorlog onderwerp was, om die Phoenix weer uit die as van die vernietigde infrastruktuur, veroorsaak deur die vernietigend beleid van ‘n populistiese regering, te laat verrys.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël