50 Jaar Re-unie – Ellisras

40-Ellisras reunie
11 van die oudleerlinge van die 1965 matriekklas van die Ellisras se Hoërskool het na 50 jaar op Saterdag 26 September by die NG Kerk Albertyn op Ellisras bymekaar gekom. Vyf van die oorspronklike 26 is al oorlede . Almal was dit eens dat dit baie aangenaam was en weens die gemiddelde ouderdom van 68 jaar dit meer gereeld gedoen moet word. Op die foto van die oudleerlinge staan hulle vlnr: Koos Prinsloo, Dewald Hattingh, Johan Keet, Frikkie van Niekerk, Annatjie Fourie (was Bekker), Emma Cloete (was Stevens), Kobus Erasmus, Hester Pretorius (was Brits), Gert Pelser, Miem Fourie (was Wessels) en Alta Pepler (was Nel). Kobus Erasmus en Johan Keet is in die buitewyke van Thabazimbi woonagtig.