Vrot wurms in die appels

comment
Terwyl onse president Zuma die verenigde nasies toespreek oor hervorming en herstrukturering van die VN se Veiligheidsraad om konflikte in die Midde Ooste en Afrika uit te sorteer, kan hy nie eens die leierskap toon om te verhoed dat Suid-Afrika se totale infrastruktuur en ekonomie in duie stort nie.
Hy kla dat die massas in Afrika steeds nie voltydse verteenwoordiging in die Veiligheidsraad het nie. Vir Afrika beteken massa meer as gehalte. Dit is hoe die ANC beheer oor Suid-Afrika oorgeneem word. Gebruik getalle om aan bewind te kom en die land (wêreld) te regeer. Dit is tiperend van ‘n monargie wat alles net vir homself en sy kaders wil inpalm. Hierdie is die geval in meer as 80% van die Afrika regerings waar daar amper nie ‘n enkele land op hierdie kontinent uitgesonder kan word waar daar nie een of ander konflik-situasie tussen die regering en rebellemagte bestaan nie. Dan wil Afrika die konflik in Palestina en Libië uitsorteer.
In sy toespraak sê Zuma dat die wêreld moet besef dat die Afrika lande nie meer kolonies is nie en maak hy terselfdertyd kapsie teen lande wat kleiner as die Afrika kontinent is wat wel permanente verteenwoordiging het. Hier maak hy reeds sy eerste fout en is sy aspirasie dalk om die totale Afrika kontinent as een land onder sy mag te verenig as deel van die eens magtige Zulu-ryk wat eeue gelede sentraal Afrika oorheers het. Dit was voor hul Suidwaartse verskuiwing waartydens talle klein stamme op hul pad na die Suide uitgeroei is en die vrouens en kinders as deel van hul stam opgeneem is terwyl al die mans doodgemaak is.
Hy vergeet egter van die spilntergroepe wat van die Zulu nasie weggebreek het en hul eie nasies gevorm het. Die belangrikste sekerlik die Matabeles wat met die boerenasie se hulp oor die grens gejaag is en hul uiteindelik in wat nou bekend is as Zimbabwe gaan vestig het.
Die volgende aanhaling is van Wikipedia: “In the late 1830s, some 20,000 Ndebele, descendants of the Zulus in South Africa and led by Mzilikazi Khumalo, invaded the Kalanga Rozwi Empire. Many of the Kalanga people were incorporated and the rest were made satellite territories who paid tribute to the Ndebele Kingdom. He called his new nation Mthwakazi, a Zulu word which means something which became big at conception, in Zulu “into ethe ithwasa yabankulu” but the territory was called Matabeleland by Europeans. Mzilikazi organised this ethnically diverse nation into a militaristic system of regimental towns and established his capital at Bulawayo (“the place of killing).
Zuma lewer kommentaar op konflikte in ander lande maar in sy eie land waar misdaad op alle vlakke aan die toeneem is, doen hy niks om die situasie te verbeter nie. Ons sit hier met korrupte polisiehoofde, korrupte ministers en korrupte uitvoerende beamptes op alle vlakke in die regering.
Dit het nou ook aan die lig gekom dat die ANC se Chancellor House sowat $10,5 miljoen beleggingsopbrengs (sowat 5 000%) verdien het vir hulle hulp aan Hitachi om staatskontrakte te bekom, insluitend die kontrakte wat tot groot vertragings by Nedupi kragstasie voorgekom het, juis as gevolg van die ANC se geknoei met Hitachi waardeur langdurige staking voorgekom het toe mense met vaardighede ingevoer moes word om die werk te verrig.
Plaasmoorde word nou as gewone misdaad beskou terwyl daar weekliks etlike gevalle van plaasaanvalle plaasvind. Baie insidente van verkragting, diefstal en kapings word nie eens meer aan die polisie gerapporteer nie, want die klaers weet daar word niks omtrent hierdie gevalle gedoen nie.
Die polisie het die afgelope week statistieke bekend gemaak wat volgens hulle die toe- en afname in misdaad teenwoordig. Ingevolge hiervan was daar nie ‘n enkele geval van motordiefstal in die brandpunte soos Polokwane en Lephalale in Limpopo vir die afgelope boekjaar nie.
Dit dui eerder op swak of geen statistiek houding wat gedoen word nie. Die lêers word net op ‘n hoop gegooi en van vergeet.
Die vinnige optrede om die vermeende moordenaars van Petro Res van Thabazimbi vas te vat, wys dat daar wel afdelings in die SAPS en polisiestasies is wat toegewyd aan hul werk is, naamlik om misdadigers op te spoor en misdaad te bekamp.
Alles is nog nie verlore nie. Sorg net dat jy volgende jaar met die munisipale verkiesing jou stem gaan uitbring. So kan daar verhoed word dat ons belastingbetalers se geld in die hande van prokureurs beland in gevalle waar skuldeisers die uitvoerende beamptes van die lokale munisipale bestuur hof toe sleep nie.