Thabazimbi Hengelkompetisie uitslae

40-Hengel TBZ
VAALKOP – Die kompetisie het plaasgevind by Vaalkop dam gedurende die naweek van 19 & 20 September. Die kompetisie was ‘n oornag kompetisie gewees. Ons het almal op Saterdag om 13:00 bymekaar gekom om penne te trek waarna die kompetisie stiptelik om 14h00 begin het die wenner is bepaal deur die hengelaar wat die swaarste sak ingeweeg het.
Die wenner is as volg in die Cubs afdeling was dit net Nico Botha. In die Penkoppe afdeling het Tommy Swanepoel eerste geëindig, Marinus Viljoen tweede en Ewald Botha derde.
In die Junior is Deon Bender eerste en PJ Bezuidenhoud tweede. In die dogters afdeling het Zante Bel eerste geëindig en in die Dames afdeling is Bernice Blom eerste, Annelize Viljoen tweede en Nicolene Heydenrych derde.
By die Seniors is Tommy Swanepoel eerste, Hans Maritz tweede en Joe Kloppers derde en in die Meesters is Koos Viljoen eerste, Paul van Zyl tweede en Jan Botha derde.
Die volgende klub kompetisie vind plaas by verdrag dam gedurende die naweek
van 17 & 18 Oktober 2015.
Vir enige navrae kan die klub voorsitter gekontak word by 083 490 9743 of
thabahengel@gmail.com