Saamwerk Boerevereniging Skiet kompetisie

Mans wenner: lang afstand – Marius van Aarde (Howa 243)
Mans wenner: lang afstand – Marius van Aarde (Howa 243)

Dames wenner: kort afstand – Calista Wilken (Howa)
Dames wenner: kort afstand – Calista Wilken (Howa)

DWAALBOOM – Die jaarlikse Gongskiet kompetisie het op Saterdag 26 September 2015 plaasgevind. Die kompetisie word in samewerking met Thabazimbi Jagtersvereniging gehou, op die ou militêre skietbaan in Dwaalboom.
Dit was ‘n snikhete dag en al die deelnemers en ondersteuners het die koelte kolletjies opgesoek.
Deelnemers was van Dwaalboom, Thabazimbi, Northam en selfs Ellisras.
Daar was drie kompetisies naamlik Kort afstand waar deelnemers vyf gongs tot op 300m moet raakskiet, Langafstand waar deelnemers nog drie gongs tot op 600m moet raakskiet en Snelvuur waar drie deelnemers ‘n span vorm en dan 10 valplate op 100m uit die vuis moet raakskiet.
Borge wat pryse vir die dag geborg het was, Obaro Dwaalboom en Wildebees.
Wenners vir die dag was as volg: Dames wenner: kort afstand – Calista Wilken (Howa) Jnr wenner: kort afstand – Driekus du Plessis (243), Mans wenner: kort afstand – Ruan Smal (Tikka 260), Mans wenner: lang afstand – Marius van Aarde (Howa 243) en snelvuur : Marius v Aarde, Piet Smit, Walter Vosser