Neos Atlete presteer by Kampioenskap

Die atlete vlnr op die foto is Sello Ndlovu, Fanie Badenhorst, Marco Myburgh, Daniel Addelson en Fikile Ribimbi. Voor: Janssen du Plessis en Claire van Lente het SACSSA klere verwerf tydens die kampioenskappe.
Die atlete vlnr op die foto is Sello Ndlovu, Fanie Badenhorst, Marco Myburgh, Daniel Addelson en Fikile Ribimbi. Voor: Janssen du Plessis en Claire van Lente het SACSSA klere verwerf tydens die kampioenskappe.

Marco Myburgh verwerf die Victor Ludorum by die SACSSA byeenkoms te Sasolburg.
Marco Myburgh verwerf die Victor Ludorum by die SACSSA byeenkoms te Sasolburg.

Tydens die jaarlikse SACSSA nasionale atletiek kampioenskappe vir onafhanklike skole het talle Neos atlete top prestasies gelewer. Hierdie byeenkoms het op 25 en 26 September op die DP de Villiers Stadion in Sasolburg plaasgevind en kan beskou word as een van die bes georganiseerdste atletiek byeenkomste in die land. Tien provinsies van oor Suid Afrika asook 40 top atlete van Zimbabwe was teenwoordig by die byeenkoms waar 1300 top atlete van die ouderdom van sewe jaar oud tot o/19 deelgeneem het.
Uitsonderlike prestasies: Claire van Lente wen die 100m, 200m , 400m en 800m vir dogters o/17. Fanie Badenhorst wen die hamergooi, gewigstoot en spiesgooi ,en stel ook ‘n nuwe rekord op van 56.60m in die spiesgooi. Sello Ndlovu wen die hamergooi, asook ‘n tweedeplek in diskus vir seuns o/19. Fikile Ribimbi behaal tweede plekke in die 100m, 200m, 400m en 800m vir seuns o/14. Janssen du Plessis hardloop ‘n uitstekende 4min 14 sek in die 1200m vir seuns o/10 en behaal ‘n tweede plek. Marco Myburgh behaal eerste in die 200m, 400m en 800m vir seuns o/15. Hy verbeter ook rekords in die 400m, 800m en ook in sy aflos waaraan hy deelneem. Marco se tyd in die 200m van 22,91 en 49,75 (elektroniese tye) is wêreldklas tye en word daar met groot verwagtinge gekyk na sy atletiek loopbaan. Marco is dan ook aangewys by die byeenkoms as die Senior Victor Ludorum.
Neos Skool het tydens die byeenkoms 64 medaljes verower waarvan 29 goud, 23 silwer en 12 brons is . Die skool wens al sy atlete wat hard geoefen het geluk met hulle prestasies.