In it to win it by Voetspoorfees

40-Helena Marais & Potch Studente
In die “In it to win it” kompetisie wat tydens die Voetspoorfees op Erfenisdag 24 September op die Thabazimbi Skouterrein aangebied is, moes die kinders ‘n verskeidenheid van take so vinnig as moontlik voltooi om vir die “in it to win it” trekking in aanmerking te kom. Potchefstroom studente het spesiaal deurgery om te help met die stalletjie. Kontant pryse is geborg deur Thaba Solar. Op die foto is Helena Marais wat eerste getrek is met die trekking, saam met die Potch-studente. Selkirk von Wielligh was die tweede trekking wenner en Raphael de Beer die derde trekking wenner.