Feestelikheid met Northam se Helpende Hand-dag

40-Hand 7035

Tiamone het met die kroon weggestap. Baie geluk!
Tiamone het met die kroon weggestap. Baie geluk!

NORTHAM – Solidariteit Helpende Hand Northam tak het Saterdag 26 September ‘n heerlike fondsinsamelingsdag vol pret aangebied.
Verskeie stalletjies, elkeen so mooi en verskillend van die ander het allerhande interessante ware te koop aangebied.
‘n Lekker potjiekos kompetisie is aangebied waar Freek de Waal met die prys van ‘n R1000,00 koopbewys weggestap het vir sy biltongpotjie. Die sakresies het ook vir groot pret en baie lag gesorg, net soos die ander speletjies en kompetisies wat vir die kinders aangebied is.
Laerskool platina se trompoppies het ook opgetree en was pragtig. Christine het die R300 ete by Mawala gewen, aangesien sy die eerste persoon was wat ‘n aansoek vorm vir lidmaatskap ingevul het.
Hierdie dag was n reuse sukses en elke stalletjie het ‘n wins gemaak. Solidariteit Helpende Hand Northam het 15 lede-aansoeke ontvang, wat Northam-tak in staat stel om R14 000 van hoofkantoor te ontvang wat hulle in die tak-of beursfonds kan plaas.
Die bestuur bedank uit die diepte van hul hart die gemeenskap, en mense van elders vir hul oop harte en hande. Sonder hulle ondersteuning sou die tak nie in staat gewees het om dit te kon doen nie.
Nog ‘n reuse sukses was die baba- en kind-kompetisie. Baie geluk ook aan Mari Meintjes wat die prys ontvang het vir die mooiste stalletjie. Al die stalletjies was so mooi en dit was ‘n moeilike besluit vir Johan en Bettie Gous, wat ook die potjies beoordeel het, om die wenner te kies. Hierdie twee het al die pad van Pretoria af deurgekom om die beoordeling te behartig.
Op versoek van die publiek, gaan hulle hierdie dag ‘n jaarlikse instelling maak. Op die einde van die dag, was ouers en kinders pootuit kaar alles was die moeite werd.
Om deel te wees van hierdie fenomenale groep skakel gerus hul skakelbeampte Isobel Cahill by 0845181074.