Six-a-Side Tooernooi wek belangstelling
KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het die naweek van 11de en 12de September, ‘n Six-a-Side krieket toernooi aangebied. Die belangstelling was nie net besonders goed by ander skole nie maar die Koedoes was totaal begeesterd met selfs drie dogterspanne wat aan die toernooi deelgeneem het.
In die o/11 afdeling was daar vyf spanne wat deelgeneem het. Hulle was die spannetjies van Laerskole Koedoeskop, Unitas en Bosveld. In die 0/13 afdeling spanne het spanne van Koedoeskop, Unitas, Bosveld en Daleview deelgeneem. Groot opgewondenheid het geheers onder die meisies van Laerskool Koedoeskop met die drie spanne wat ook vir die toernooi ingeskryf het.
Vrydag middag begin is daar van die aanvang van die eerste wedstryde af besef dat hier goeie krieket oor die volgende twee dae gesien gaan word.
Na dag een het almal gebraai en nadat daar heerlik geëet is, voor die en DVD gaan ontspan. Baie leerlinge en ouers het sommer tent kom opslaan en heerlik saam gekuier.
Die uiteindelike wenners in die 0/11 groep was Koedoeskop se eie Koedoe-manne wat Laerskool Bosveld gewen het in die finaal. In die 0/13 afdeling het Laerskool Daleview teen Laerskool Bosveld geseëvier.