NG kerk Lentetee

Dr Tinus Benadé met Sophie Maritz
Dr Tinus Benadé met Sophie Maritz
Teresa Burger met Nan Dreyer wat 10 Oktober 90 word. Na haar val en beenbreuk het sy soveel herstel dat sy weer ons byeenkomste kan bywoon.
Teresa Burger met Nan Dreyer wat 10 Oktober 90 word. Na haar val en beenbreuk het sy soveel herstel dat sy weer ons byeenkomste kan bywoon.

Die vroeë gaste wat nie kon wag om te begin met die tee nie
Die vroeë gaste wat nie kon wag om te begin met die tee nie

THABAZIMBI – Die NG Kerk Thabazimbi gemeente het die jaarlikse Lentetee vir die senior lidmate van ons gemeente gehou. Baie dankie aan al ons nuwe gemeentelede wat saam kom kuier het. Dis terug gee van ons gemeente aan die lidmate wat hier en in vorige dorpe gehelp het om hul gemeentes op te bou.
Die organiseerders het die lidmate wat nie daar kon wees agv siekte of ander verpligtinge gemis.
Teresa Burger het voorgestel dat die temna ‘n see-tema is en die groep het dit bespreek. Die dames toe daar vlam vat en alles begin uitwerk was die resultaat “Pragtig en ‘n Wenner”.
Soos gewoonlik het die tyd vinnig en vrolik verby gegaan. Baie dankie aan elke vrou wat saam gewerk het. Dit was deur en deur die moeite werd. Baie dankie aan almal wat aan ons geleen het wat ons nodig gehad het, van skulpe, seesterre tot ‘n boot. Ons idees oor ‘n see-resturant het wyd gegaan.
Dankie aan Chrisan van Buuren, Marna Schoeman, Ané Esterhuizen en Anita van Staden vir julle bydraes. Anita Barnard vir die gebruik van Bosloerie Kwekery se visse, seeperdjies en palms.
Dankie vir Trudie Serfontein-Allen en Annelise Kotze vir die neem van die foto’s, elke senior lidmaat wat gekom het, dr Tinus en ds Johan.
Bedieningsgroep:
Tilla v Oudtshoorn, Annelise Kotzé, Hester Botha, Kobie Coetzee, Rina Nel, Teresa Burger, Annetjie Meintjies, Antionette Brits, Loretta Smith, Linda v Wyngaardt, Rina Nel, Biebies Oelofse en Mara Morrison.