Goeie Liga-seisoen vir Koedoeskop Krieket

Laerskool Koedoeskop se o/11 krieketspan is van links agter: Mnr Zarius Janse van Rensburg, Cornel Riekert, Gerdro Grobler, Henkie Botha, RW Furstenburg, AJ Siebenhager en Mnr Dijan van der Merwe. Voor: Zack Swart, MC janse van Rensburg, Dewalt de Kock, Mico Terblaance, Joost Homan, Quinten Steenkamp en Hanro Smit.

Koedoeskop Laerskool se o/13 krieketspan is van links agter: Mnr Gideon van Dyk, Calvyn du Toit, Aubrey Pieterse, Henko Cronje, Ian Botha, DeWet Viljoen, Anthony Spiller en Mnr Wynand Lourens. Middel: Gustav Grobler. Voor: Xander Steenkamp, Christiaan Potgieter, Jonnathen Leehman, Karabo Makata en Shaun Mossesane

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se o/13 span het Donderdag 17 September in die Ligafinale kolwe gekruis met Laerskool Eugene Marias. Laerskool Koedoeskop wen met 130 lopies.
Laerskool Koedoeskop Koedoeskop het eerste gekolf en 197 lopies in sy toegelate 30 boulbeurte aangeteken. Goeie kolfbeurte is gespeel deur Gustav Grobler (63 lopies) en Calvyn du Toit( 43 lopies). Goeie boul en veldwerk het laerskool Eugene Marias vroeg in die moeilikheid laat beland en hulle is uiteindelik uitgehaal vir 67 lopies. Die Koedoes sal in die nuwe kwartaal in die kwarteindstryd speel.
Die skool se o/11 Krieket span het vroeg in die seisoen afgeskop met ‘n heerlike suksesvolle krieket toer. Sedertdien het hulle baie kilometers gereis. Die spannetjie is Ligawenners en het in die Provinsiale Kwarteindstryd in Pietersburg teen Laerskool Mariepskop deelgeneem. Hulle het as oorwinnaars die pad huis toe aangepak. Die skool wag in spanning om te hoor teen wie en waar hulle verder in die uitspeel wedstryde gaan deelneem.