Beplan jou belegging reg

Dawie Roodt, heel links, saam met Estelle Hoole van Dewside Restaurant, waar die aanbieding gehou is, saam met Gussy en Jood Swanepoel wat die voorlegging bygewoon het.
Dawie Roodt, heel links, saam met Estelle Hoole van Dewside Restaurant, waar die aanbieding gehou is, saam met Gussy en Jood Swanepoel wat die voorlegging bygewoon het.

Die Efficient Group, Rustenburg-tak, het verlede week ‘n voorlegging in Thabazimbi gehou vir hulle beleggers om hul meer agtergrond te bied aangaande hul belegging.
Die voorlegging is deur Eugene Braak, Besigheids Ontwikkelingsbestuurder van die Rustenburg gedoen terwyl die groep se Hoof ekonoom, Dawie Roodt, wat wye bekentenis geniet vanweë sy aanbieding van programme soos Ontbytsake op Kyknet asook verskeie rubrieke in ondermeer Beeld, het hulle vergesel en na afloop van die voorlegging, ‘n praatjie gelewer van hoe hy as ekonoom die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie ervaar.
Braak het die verskeie punte uitgewys waarna gekyk word as jy ‘n fonds wil bou. Die beginsels hieraan verbonde is almal dieselfde, ongeag die fonds. Die verskeidenheid van firmas, elk met sy eie unieke beleggings, maak dit vir die belegger baie keer moeilik om self ‘n fonds te kies wat hom die beste gaan pas.
Belegging is nie ‘n korttermyn aangeleentheid nie. Jou buurman mag vir jou dalk by die braaivleisvuur vertel van hoe goed sy belegging vaar, maar waarvan jy nie bewus is dat die spesifieke fonds dalk hoë opbrengste gebied het sedert hy daarin belê het, maar dit reeds sy hoogtepunt bereik het. Hierdie belegging gaan geen opbrengste bied nie. Gebruik dus eerder die kennis van spesialiste indien jy ‘n beleggingsplan oorweeg.
Jy moet seker maak dat jou geld vir jou werk. Juis daarom is dit belangrik om met ‘n aftredeplan te begin lank voor jou aftrede. Dit is baie veiliger om in ‘n standvastige fonds te belê as jy reeds naby aan aftrede is. Hoe jonger jy is, hoe meer riskant kan jy wees en kanse vat by fondse wat ‘n goeie opbrengs lewer. Hou net in gedagte dat dit gewoonlik ‘n korttermyn tendens is en jy jou fondse sal moet skuif voordat die spesifieke fond se beleggingswaarde begin val.
Inflasie is ‘n faktor wat beslis in ag geneem moet word en jy moet verseker dat jou fonds ten minste by inflasie kan bybly. Om jou belegging meer stabiel te maak, word daar van ‘n verskeidenheid van beleggings gebruik gemaak by verskillende finansiële en kommersiële instansies gebruik gemaak. Dit hang van jou af om die beste spesialis te kry om jou belegging te hanteer tot jou voordeel.