VLU Strewe Septembermaand – Verjaarsdagmaand

Bets van Graan wat haar 30-jaar knopie ontvang het.
Bets van Graan wat haar 30-jaar knopie ontvang het.

Juffrou Nelré saam met haar koor van links Lynette Steenekamp, Kian Coetzee, Chazelle vd Merwe en Erike Renken.
Juffrou Nelré saam met haar koor van links Lynette Steenekamp, Kian Coetzee, Chazelle vd Merwe en Erike Renken.

Septembermaand is verjaarsdagmaand by Strewe-VLU. Die tak is op 13 September 1961 gestig. Vir hierdie verjaarsdag het hulle in Ilana se tuin gaan kuier en so langs die pad bietjie kultuur bymekaar geskraap. Laerskool Van Wykskraal se leerlinge, onder leiding van juffrou Nelré Benadé, het vir hulle kom sing en saam gekuier. Tydens die geleentheid het Bets van Graan haar 30 jaar ledeknopie ontvang. Die volgende vergadering is op Dwaalboom waar Kansa die tak kom besoek. Die noodsaaklikheid van papsmeer sal bespreek word. Vir meer inligting hieromtrentskakel Emelia Ras by 072 111 6480 vir afspraak vir op 28- of 29 Oktober.