Thabazimbi Gholf

Deon Azar wat die Northam Toyota Sundowner gewen het met 21 punte op 9 September 2015.
Deon Azar wat die Northam Toyota Sundowner gewen het met 21 punte op 9 September 2015.

Die Northam Toyota Sundowner van 9 September is gewen deur Deon Azar met 21 punte. Deon behaal ook die uitsonderlike prestasie om ‘n “hole in one” te slaan op nommer 12. Dit is reeds Deon se derde kolhou. Die gelukkige trekking is gewen deur Jakkie vander Wateren.
Op Saterdag 12 September was die NG Kerk Dwaalboom se gholfdag. Dit was n heerlike dag en die veld was vol. Die wenners van die dag met 50 houe was A.Sauermann, H Sauermann, R de Wet en B Gerber. In die 2de plek was K Early,B Jonker,F. Coetzer en H.Reder.
Hierdie dag ws uitstekend gereel en n groot woord van dank gaan uit aan Chris Bronkhorst en die Thabazimbi gholfkomitee. Ons sien reeds uit na volgende jaar se gholfdag