Steunpilaar oorlede

38-Havanga
Hester Aletta Lea Havenga (80) is oorlede op 11 September na ‘n baie kort siekbed in Medi-Kliniek Thabazimbi. Sy was ‘n oud inwoner en was hier woonagtig van 1983. Sy het gewerk by die Iskor menasie en was bekend as “Tannie Hettie” onder die Iskor werkers. Sy was vir haar familie ‘n steunpilaar en anker en sal gemis word.
Sy was 54 jaar getroud met haar eggenoot, Johannes Petrus Havenga wat 17 Maart 2014 na ‘n lang siekbed oorlede is. Sy laat vier kinders Helena van Niekerk, Henk Havenga, JC Havenga en Jaco Havenga en nege kleinkinders agter. Haar begrafnisdiens vind Vrydag oggend om 11:00 by die NG kerk plaas, word gelei deur ds T Benade.