Kom geniet die dag saam by Helpende Hand se mark!

handjie
SWARTKLIP – Solidariteit Helpende Hand hou op 26 September ‘n heerlike mark by Laerskool Swartklip. Die mark wil aan die plaaslike gemeenskap die geleentheid gee om vir hulle self werk te skep deur hul handgemaakte produkte te verkoop.
Die mark beloof om groot pret te wees met 21 unieke stalletjies van spog uitstallers. Boeresport, springkastele en perdry sal daarvoor sorg dat die kleinspan besig gehou word. Besoekers sal ook kan smul aan heerlike potjiekos en ander tuisgemaakte produkte! Daar gaan ook ‘n trompoppie-optree wees!
Die mark open om 09:00 op die skool se rugbyveld en toegang is gratis! Maak seker jy mis nie die geleentheid nie!
Vir meer inligting, praat gerus met Isobel Cahill by 084 518 1074, of praat met die takvoorsitter, René Laas, by 073 429 9411.