KMO’s: Min besigheid met Staat

comment
Ingevolge die 2015 peilingsresultate van die Afrikaanse instutuur van Geoktrooieerde Rekenmeesters, stel die klein- en middalslegbesighede (KMO’s) nie daarin belang om besigheid met die staat te doen nie omdat hulle so lang neem om hul rekenings te betaal, berig Vida Booysen in Sakenuus in Beeld Woensdag 16 September.
Volgens die peiling glo die meeste respondente dat dit kan help om ‘n ombudsman vir agterstallige rekening in te stel, of om ‘n openbare beskermer vir KMO’s te oorweeg.
Beleidmakers moet ook dringend ingewikkelde, tydrowende en duur administratiewe prosesse vir kleinsake verminder. Die 2015 peiling het weereens rompslomp as een van die grootste struikelblokke tot die vestiging van nuwe ondernemings uitgewys.
Rompslomp wat deur die regering veroorsaak is, sluit in die instelling van die praktyk-kodes vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), arbeidswetgewing asook voldoening aan belastingvereistes, veral BTW.
Hierdie streng maatreëls is ingestel om bedrog hok te slaan, maar die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet dit eerder maklik maak vir ondernemingsom te registreer vir BTW en daarna doeltreffende risikobeheer in te stel om BTW-bedrog te stuit – sodat die lewe van eerlike KMO’s makliker gemaak word.
Sowat 73% van KMO’s doen geen sake met die staat op enige regeringsvlak nie, en as die staat transformasie en werkskepping in die KMO-sektor deur sy verkrygingsbeleid wil versnel, moet hy sy tenderproses minder ingewikkeld maak.
Dit help nie SEB word gesien as die poort tot groei vir nuwe KMO’s terwyl die meeste van hulle weens ‘n gesukkel om aan vereistes te voldoen, in elk geval nie sake met die staat doen nie.
Die staat is nie daar om werk te skep nie. Laat dit aan die bestaande kleinsakeonderneming oor om mense op te lei sodat hulle vaardighede kan aanleer. In plaas daarvan dat miljoene op SEB spandeer word, gee eerder belastinverligting en toelaes om werkers op te lei aan die SMO-sektor.