Wildvereniging hou inligtingsdag

Die Thabazimbi WRSA Bedryfskamer bied ‘n Inligtingsdag aan op Woensdag, 28 Oktober 2015 te Plaas Lentegeur in Thabazimbi, Limpopo. (GPS Koordinate S24 30’44” & O26 59’14”).
Die dag se gebeurtenisse begin om 09:00 waar daar lekker koffie en beskuit aangebied word wanneer al die gaste arriveer. Stiptelik om 10:00 sal die spreker begin met die dag se verrigtinge.
Thabazimbi se eie landswyd bekende wildsveearts, Dr Louis Greeff van Medivet gaan die hoofspreker vir die dag wees wat sal praat oor Bio-Sekuriteit. Ander sprekers vir die dag sal wees Thea Oberholzer wat oor Afri-Vet en Malcolm Moody wat oor Wilds Voere, gaan praat. Hulle is spesialiste in beide die velde.
Toegang is gratis en ‘n heerlike braaivleis sal aangebied word vir middagete.
Daar sal dan ook ‘n plaasbesoek aangebied word na middagete waar alle gaste die eienaar van Lentegeur en WRSA Thabazimbi se Voorsitter, Maurits van de Wetering se plaas kan leer ken.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Jenny Rossouw op 073 484 8049 of Maurits van de Wetering op 082 805 1621.
Kom gerus en geniet die dag saam ons!
Wild vuller