SAVF werk vir Loslitdag

THABAZIMBI ‘n Span van 18 vrywilligers van die SAVF het Vrydag 4 September Loslitdag gevier voor Thaba Superspar. Bewusmaking van gestremdes is gedoen deur middel van vermaak, plakkate en die kollektering van broodbindres.
Deel van hul fondsinsamelingsprojek is die bewusmaking en insameling van broodbinders vir die aankoop van rystoele vir gestremde persone. Daar moet 247.5kg se broodbinders gekollekteer word vir een basiese rystoel ter waarde van R1 485. Dit is R6 per een kilogram binders.
Tydens Loslitdag is 60 liter pannekoeke en 100 boereworsrolle verkoop. Gratis vermaak is verskaf deur die sanger Chris Else terwyl Herman Meyer mense met sy konsertina en trekklavier vermaak het.

Voor vlnr: Magda de Clerk. Sylvia Smit. R Rossouw en Michelle Geldenhuys. Agter: Denese Chapman, Marianne Jacobs, Elsje Schwan, Linda van Wyngaard, Chris Else, Linda Grobler, Christelle Barnard, Liz van Tonder, Jakkie Vos.(Afwesig op foto - Persone wat gehlp het: Madelein Lambrecht, Lenie Nienaber, Stephan Jacobs, Willem Joubert, Pieter van der Merwe
Voor vlnr: Magda de Clerk. Sylvia Smit. R Rossouw en Michelle Geldenhuys. Agter: Denese Chapman, Marianne Jacobs, Elsje Schwan, Linda van Wyngaard, Chris Else, Linda Grobler, Christelle Barnard, Liz van Tonder, Jakkie Vos.(Afwesig op foto – Persone wat gehlp het: Madelein Lambrecht, Lenie Nienaber, Stephan Jacobs, Willem Joubert, Pieter van der Merwe