Plaaslike tuin kry top toekennings

Die Goue Sertifikaat toekennings was vir die 2 kategorië, nl 1. “Specialized Landscpape Construction” en 2. “Waterwise (Waterslim) Garden”
Die Goue Sertifikaat toekennings was vir die 2 kategorië, nl 1. “Specialized Landscpape Construction” en 2. “Waterwise (Waterslim) Garden”

ROOIBERG – ‘n Groot eer het vir Jan en Dalene van Vuuren as eienaars by Rooibergkrans Private Game Lodge No 4 te beurt geval toe hulle tuin deur SALI (Suid Afrikaanse Landskap Instituut) vanuit Kaapstad bekroon is met die Rand Water Trofee as die beste “Waterslim tuin in SA” Hulle het ook twee goue toekennings ontvang, onder andere “Gespesialiseerde Landskap Konstruksie”.
Die beoordeling van die tuin is gedoen gedurende April 2014 na ‘n besoek deur die beoordeelaars van SALI en die toekenning en oorhandiging het plaasgevind op 6 Junie tydens hul Nasionale konvensie van 3 dae. Die Goue Sertifikate iss oorhandig by Monkey Valley Resort in Noordhoek tydens die “Awards Afternoon”. Die Trofee was oorhandig by Cape Vinyard tydens hul “Gala Aand”.
Ida-Marie Strydom van Life Landscapes, die bekende Landskap maatskappy wat hulle bygestaan het, het die Goue sertifikate en Trofee namens hulle te ontvang. Sy het dit toe persoonlik aan hulle kom oorhandig.
Verskeie faktore was in aanmerking geneem alvorens daar in 2008 met die unieke tuin begin kon word. Uiters lae reënval, beperkte watervoorsiening vanaf ‘n gesamentlike boorgat, baie klip, sanderige grond, natuurlike bome, met die voorkoms van baie soorte plante en gras wat behoue moes bly.
Van uiterste belang was ook die teenswoordigheid van wildlewe, voëls, reptiele en insekte wat nie alleen beskerm word nie, maar ook grootliks aangemoedig word om self te vermeerder in die area.
Die unieke Bosveld Amazen tuin bestaan uit honderde aalwyne, broodbome, vetplante en vele ander “water-slim” plante. Die plante kan ook geidentifiseer word deur naamplaatjies vir diegene wat belangstel.
Die grootste oppervlakte van die tuin is bedek met deklae soos byvoorbeeld klip, boombas, ou blare, kompos, en dies meer.
Die uitleg maak ook voorsiening vir verskeie wandelpaadjies deur die tuin met vele sitplekkies vir ontspannning of om net voëls te kyk. Life Landscapes het gehelp met die groepering en uitleg van die plante in spesifieke areas.
Natuurlik geskepte waterstroompies en dammetjies word in die reënseisoen gevoed deur afvoer water vanaf die huis se dakke en ander geplaveide areas.
Die besonderse uitsig oor die Monate Vallei en Waterberge word beklemtoon vanaf vele houtdekke, stoepe of sommer vanuit spesiaal geskepte areas in die tuin.
Die skepping van eksotiese areas met natuurlike bome en plante laat ‘n mens soms vergeet dat jy jouself in die droeë bosveld bevind. Met die heerlike vroeë lentereën is daar sekerlik heelwat tuiniers wat hul hande in die grond wil steek en tuinmaak. Jan en Daléne is baie trots op wat hulle vermag het en daarom het hulled an ook besluit om die tuin vir besigtiging oop te stel. Hulle sal jou ook met raad kan bystaan om die regte plante te kry om steeds te sorg dat die tuin ‘n lushof is sonder die gebruik van baie water. Skakel net vooraf:
Jan – 0826005484 of Daléne – 0836051235 – Rooibergkrans Private Game Lodge No 4.