Pikkewyne swem laat water spat

THABAZIMBI – Penguins skop die seisoen af in Pretoria en Tzaneen en laat spaander hul beste tye. Ons was hard aan die werk die hele winter en is opgewonde oor wat die seisoen vir ons inhou. Danele Botha 9jaar swem haar eerste 100m gala en bereik 4de plek 100m Vlinderslag,2de plek in 100m borsslag en 3rde met 100m Vrysslag en 100m rugslag.
Wilmien Schutte behaal 3rde plek in 200m Im en 100m Vlinderslag.Liandi Pienaar behaal 3rde plek met 50m Borsslag en Elize Botha 3rde plek met 50m Rugslag in Pretoria.
Penguins is ook baie opgewonde om Coach Annette Shanahan terug te verwelkom en dus kan die swemklub net uitbrei en nuwe hoogtes bereik. Ons is net so opgewonde want November kom kuier die Olimpiese swemmer Gerhard Zanberg vir ons wat tans in Brazil besig is met galas.
Hou ons Pikkewyne dop….

Op die foto agter vlnr: Rene' Rall , Tegan Theron ,Johan Coetzee en Wilmien Schutte. Voor: Danele Botha.
Op die foto agter vlnr: Rene’ Rall , Tegan Theron ,Johan Coetzee en Wilmien Schutte. Voor: Danele Botha.