Elvis Blue en hope pret by Voetspoorfees – 24 September 2015

elvis-blueelvis-blue-to-rock-bloem-again
THABAZIMBI – Dis lente en dit beteken dit is tyd vir die tweede jaarlikse VOETSPOORFEES!
Voetspoorfees 2015 beloof om ’n fees te wees waaroor jy nog lank gaan praat – as jy nie daar is nie, gaan jy beslis spyt wees, want Voetspoorfees gaan groot! Die dag skop af met Bergfietsryers van oraloor wat hulle fietsspore in die Bosveld kom los. Die wegspring is 07:00 op die gronde van Thaba Nkwe. Jy kan kies tussen ’n 15km of 30 Km roete met groot pryse en medaljes vir deelnemers. By die Thabazimbi Landbouskougronde gaan die fees uit sy nate bars – veral om 12:00 wanneer die bekende Elvis Blue en sy orkes hulle voetspore in Thabazimbi kom los. Die vertoning is heeltemal gratis en verniet – so maak seker jy is vroeg daar om ’n goeie sitplek te kry! Sorg dat jy betyds is om die beste kwaliteit vleis op te raap, wat bees en wildsnitte en biltong insluit. Terwyl jy daar is, kan jy jouself geniet met ’n wye verskeidenheid van stalletjies wat enige iets van ontbyt met pap, lewer en kaiings, pannekoek, snoek en patats, tuisgemaakte lekkergoed, kerrie-en-rys, maalvleisvetkoeke, basaarpoeding, geurige koffie en ’n hart vol warm Bosveld-geselskap insluit. Kom trap spore in ons eie kwekery en maak jou tuin hierdie seisoen ’n lushof. In die winkel gaan vroulief alles kry wat sy nodig het om die huis spesiaal te maak, terwyl die kinders spore maak na die hope kinderaktiwiteite, vermaak en skyfskiet wat hulle die hele dag gaan besig hou. In die witolifanttent gaan jy jouself verloor met hope bruikbare, spotgoedkoop artikels. Jy kan ook jou vernuf kom toets met ’n koekversierkompetiesie, ’n talentkompetisie, ’n spoorsoekkompetisie (vir die wat dierevoetspore die beste ken met ’n R1000 wenprys), ’n braaikompetisie en nog vele meer. Die veiling teen 11:30 is jou geleentheid vir ’n heerlike winskopie met items soos vakansieverblyf op Stilbaai, ’n baie besondere bottel wyn vir jou versameling, ’n skildery, spesiale braaiers, Minions en nog vele meer.
Dan kan jy ook jou 4×4 se spore kom los op ’n rit saam met ’n geakkrediteerde fasiliteerder op Saterdag 26 September 2015 teen R250 – piekniek ingesluit (beperkte plek beskikbaar- besprekings noodsaaklik) Kontaknommers: Vicki Bester 0822121551 / Johan Marais 0845178052 / Kantoor 014 7722270