Loslitdag saam SAVF Thabazimbi

Van die broodbiners wat al ingevorder is by die SAVF Thabazimbi tak.
Van die broodbiners wat al ingevorder is by die SAVF Thabazimbi tak.

THABAIZMBI – SAVF Thabazimbi vra steeds almal in die gemeenskap se steun en samewerking in hulle broodbinders projek waar ‘n rystoel vir ‘n sorgbehoewende persoon verkry kan word deurdat 247.5kg se brood binders gekollekteer word vir een basiese rystoel ter waarde van R1 485. Dit is R6 per een kilogram binders.
Loslitdag, op 4 September sal SAVF ‘n bewusmakingsveldtog loods terwyl hulle heerlike pannekoeke en worsbrode verkoop vanaf 09:00 tot 13:00. Verskeie instansies, restaurante, winkels en gastehuise in die gemeenskap word uitgedaag om soveel moontlik broodbinders te kollekteer en af te gee by Spar op hierdie dag. ‘n Foto sal geneem word en ‘n sertifikaat vir deelname sal voorsien word aan almal wat kom deelneem. Linda Grobler, koördineerder van die projek, bedank almal wat reeds so mildelik bygedra het. Sy meld dat hierdie bydraes so klein ietsie is wat saam ‘n groot verskil kan maak aan ander se lewens. Vir verdere navrae kan sy gekontak word by 5 Parklaan of by die kantoor op telefoonnommer 014 777 1093.