Laerskool Thabazimbi Hokkie

THABAZIMBI – Die afgelope vyf weke het Laerskool Thabazimbi se hokkiespanne in verskeie ligawedstryde deelgeneem. Daar is teen skole meegeding soos Nylstroom, Ellisras, Laerskool Bosveld, Warmbad, Platina, Koedoeskop en Unitas.
Die o/11-spannetjie speel ses wedstryde, eindig gelykop in vier, verloor een en wen een wedstryd. Die Tweedespan speel vier wedstryde en wen al vier hulle wedstryde baie mooi. Die Eerstespan speel vyf wedstryde en wen al vyf oortuigend.
Die Streeksuitspele lê voor op 10 September te Potgietersrus. Indien die dogters daar ’n eerste of tweede plek behaal, vorder hulle na die uitdunrondtes vir die provinsie.
Die skool bedank graag die ouers, gemeenskap en Hoërskool Frikkie Meyer vir hulle lojale ondersteuning.

Die Eerste hokkie span wat al vyf hul wedstryde gewen het.
Die Eerste hokkie span wat al vyf hul wedstryde gewen het.
Die tweede hokkiespan van Laerskoop Thabazimbi wat ook al hul wedstryde die afgelope vyf weke gewen het.
Die tweede hokkiespan van Laerskoop Thabazimbi wat ook al hul wedstryde die afgelope vyf weke gewen het.