Rocco bekoor gehoor

Rocco saam met Liz en Biebie.
Rocco saam met Liz en Biebie.

THABAZIMBI – Baie van die Kunstegrotgangers het vir Rocco de Villiers nog net op die kassie gesien. Hier en daar was daar een wat dalk ‘n optrede van hom by Monte Casino beleef het, maar dat hy in lewende lywe reg voor jou op die verhoog optree, het baie min beleef.
Rocco het Vrydagaand die Thabazimbi gehoor duidelik aan sy voete gehad met sy vingers waarmee hy bekende melodieë met passie, soos net Rocco kan, uit die klawerbord opgetoor het. Met musiek wat sy eie universele taal praat, was daar ‘n wyer gedeelte van die publieke wat sy vertoning by die KunsteGrot bygewoon het.
Edelweiss, Music Box Dancer, Jim Muller se keurspel asook meer gewyde melodieë soos Stille Nag en Hoe Groot is U (How Great Thou Art), het die hoendervleis sommer maklik laat uitslaan.
Rocco, wat in Harissmith in die Vrystaat groot geword het, is nie net ‘n begaafde pianis nie, maar het die gehoor verder vermaak met stories uit sy kinderjare waar hy reeds sy eerste verhoogoptredes gedoen het.
Daar is maar één Rocco:- Op sy eie unieke manier – een klavier – een pak klere – maar soveel meer.