Northam VLU – Olywe se talle gebruike

Dames met huiswerkitems van links: Cilia Goosen, Riana Oosthuizen En Mari Meintjies.
Dames met huiswerkitems van links: Cilia Goosen, Riana Oosthuizen En Mari Meintjies.

NORTHAM – Northam VLU met Cilea Goosen en Riana Oosthuizen as gasvrouens, het op 13 Augustus weer lekker vergadering gehou Tydens hierdie vergadering wa. die tema was gesondheid en die produk olyf.
Nou kyk, ons almal weet teen hierdie tyd dat olywe gesond is, maar het dalk nie geweet dat dit so genesend is nie. As anti oksident is die olyfblare baie goed vir die skoonmaak van jou bloed. So ook is daar heelwat ander olyf produkte, waarvan olyfolie seker die bekendste is. Dan is daar selfs iets vir die vrouens se “hot flashes”, genaamd Phyto Soya, wat baie dames reeds baie goed agtergekom het dat dit werk
Olywe word ook gebruik in hand-,gesig- en haarprodukte. Suid Afrika beskik oor uitstekende olyfprodukte. Daar is egter baie min hiervan op ons eie winkelrakke aangesien die meeste uitgevoer word. Nou ja, indien jy nie van olywe gehou het nie, het jy dalk iets geleer.
Fondsinsameling vir die tak se werkskeppingsdag in September op Swartklip is ook bespreek. Meer hieroor later.
Die tak se volgende vergadering is op 10 September waarvan die tema lewensvreugde is – en die lewe is reeds n lied.
Vir enige inligting of om deel te raak van VLU Northam skakel gerus hul skakelbeampte, René Laas by 073 4299411