Laerskool Thabazimbi – Charlie And The Chocolate Factory

34-Ls TBZ CHARLIE FOTOS 127
THABAZIMBI – Oupas, oumas en bejaardes van ons dorp word uitgenooi om op Dinsdag, 1 September 2015 na Laerskool Thabazimbi se jaarlikse konsert te kom kyk.
Hierdie jaar voer ons “Charlie and the Chocolate Factory” op. ‘n Arm seun, Charlie, vind ‘n goue kaartjie in ‘n blok sjokolade en neem sy oupa op ‘n wonderlike avontuur saam na die sjokolade-fabriek. Kom kyk na Charlie se avonture in die fabriek en hoe hierdie arm gesin se lewens verander.
Die konsert vind plaas om 14:00 in Laerskool Thabazimbi se skoolsaal en duur tot 16:15. Persone wat graag die gratis vertoning (spesiaal vir ons bejaardes) wil kom bywoon en NIE vervoer het nie, kan me Karen Azar by Laerskool Thabazimbi skakel by 014 777 1234 voor 28 Augustus om reëlings te tref vir gratis vervoer.
Tydens die vertoning sal verversings aangebied word. Almal in Huis Immergroen, Bosveldoord en Sonskynoord is baie welkom!
Datums van optredes is van Maandag 31 Augustus tot Donderdag 3 September 2015
Maandag begin die Gr R – Partytjie in Feëtjieland om 17:30 en die Gr 1-3 se Lekkergoedland om 18:30
Dinsdag vind die Gr 4 – 7 se Charlie and the Chocolate Factory (vertoning vir Senior Burgers) om 14:00 en dit is gratis vir die senior burger. Die Gr R Partytjie in Feëtjieland is weer om 17:30 en die Gr 1-3 vertoning van Lekkergoedland om 18:30.
Woensdag en Donderdag se Charlie and the Chocolate Factory vind weer plaas om 18:30.
Vir die kaartjieverkope van dié twee vertoning (Gr 1-7) kan die ouers gerus by die voorportaal van die Laerskool Thabazimbi saal gaan tussen 11:30-13:30. Ongelukkig is daar geen kaartjie verkoping op Vrydae nie.
Die Graad R kaatjies is beskikbaar by die Gr R se Admin kantoor.
Kaartjies beloop as volg:
Gr R teen R20, Gr 1-3 teen R30 en vir die Charlie and the Chocolate Factory is dit R50.
Sien julle daar.