HFM presteer by Junior Limpopo Kampioenskappe

Die gholf span wat noordvaal toe gaan wat op die foto staan voor: ZW van Deventer, Zander Azar, Henno Jordaan. Agter: Heinrich Penzhorn, Mnr CA Campbell en Mnr Juan vd Berg.
Die gholf span wat noordvaal toe gaan wat op die foto staan voor: ZW van Deventer, Zander Azar, Henno Jordaan. Agter: Heinrich Penzhorn, Mnr CA Campbell en Mnr Juan vd Berg.

HFM se A-Gholfspan het Vrydag 14 Augustus 2015 gaan deelneem aan die jaarlikse JLK as Waterberg IH wenners. PHS het as die Suid-Streek wenners deurgedring en was HFm se teenstaanders vir die dag. Die wenner van die dag sou die Provinsie gaan verteenwoordig by die Noordvaal kompetisie later die jaar.
Die dag se verrigtinge het op Koro-Creek gholfbaan plaasgevind wat geleë is in Nylstroom. Die seuns het afgeslaan op ‘n koue winters oggend wat vinnig verander het in ‘n baie warm dag. Die baan het uitstekend gespeel met sy tradisionele moeilike setperke.
Die seuns het baie goed gespeel en die uitslae verloop soos volg:
Henno Jordaan speel ‘n rondte van 80 houe met 41 punte en met die uitstekende rondte verkry hy ‘n 1ste plek in die B-afdeling. ZW van Deventer speel ‘n rondte van 82 houe met 37 punte en behaal ‘n 2de plek in die B-afdeling. Zander Azar speel ‘n besondere rondte van 79 houe en Heinrich Penzhorn ‘n rondte van 80 houe.
Die stryd teen PHS word gemaklik gewen met 13 houe en HFm dring vir die eerste keer in die skool se geskiedenis deur na die Noord-Vaal kompetisie waar hulle die Provinsie gaan verteenwoordig later in die jaar.