Deel in die opwinding van die Bosveld Pretrit

34-Bosveld Pretrit
Met minder as twee weke tot die Bosveld Pretrit is die opgewondenheid amper aantasbaar. Laerskool Sanddrif daag die dapper manne en vroue uit om op Saterdag 29 Augustus 2015 hulle beste te vertoon by Atlanta.
Die voertuie afdeling sluit in 4×4 (modified & standaard), Pypkarre (modified en standaard) en Quadbikes (Oop of klein). Die motorfiets afdeling het ‘n aparte baan en toesig word gehou deur die amptelike tydhouer, Peter Visser van Racetime.
Wegspring tye vir 4×4 en Pypkarre is vanaf 7:00am en 9:00 vir Quads en motorfietse. Inskrywings gelde beloop R300 per voertuig.
Die 2015 Pretrit beloof om voort te bou op die opwinding van die afgelope 18 jaar. Inskrywings vorms sal op Laerskool Sanddrift se webtuiste gelaai word (www.laerskoolsanddrift.jimdo.com) en is ook beskikbaar by die skool. Vir verdere navrae skakel gerus die skool 012 277 5007, of e-pos admin@lssanddrift.co.za