DA maak water plan

Die DA 2500 lieter watertenk wat in Judithstraat geïnstalleer is. Op die foto staan die DA raadslede vlnr: Zanelle, Paul, Bertie, Piet en Franco.
Die DA 2500 lieter watertenk wat in Judithstraat geïnstalleer is. Op die foto staan die DA raadslede vlnr: Zanelle, Paul, Bertie, Piet en Franco.

THABAZIMBI – Die DA het op 18 Augustus 2015 ‘n 2500 liter watertenk geïnstalleer in Judith straat ten einde gemeenskapslede wat geen drinkwater het nie, ten minste van drinkwater te voorsien. Daar is talle huishoudings in Thabazimbi/Regorogile wat geen water vir maande ontvang nie en sal die water verligting bring en die dors les. Die gemeenskap moet asseblief uiters spaarsamig met die water werk en die water is munisipale water. Die tenk is op ‘n laer punt in die dorp geïnstalleer waar daar meestal water in die munisipale toevoer is. Die water kruiwaens is ‘n inisiatief van die DA en die Raasdslede sal die kruiwaens binnekort aan die gemeenskap bekend stel.
Die reservoirs in Thabazimbi is steeds nie in gebruik nie en is die projek agter skedule. Die waterverliese soos vroeër berig is steeds enorm hoog en gaan volumes water tot niet slegs deur waterlekke oral in die dorpe te sien.
Die leier van die DA Mmusi Maimane het 16 Augustus 2015 tydens ‘n toespraak in Regorogile beklemtoon dat waar die DA in regering en bestuur is sodanige benarde munisipale dienste nie voor kom nie.