Oorlede na 94 vrugtevolle jare

Tannie Katie Lee is Dinsdag 11 Augustus in die rype ouderdom van 94 jaar oorlede.
Tannie Katie Lee is Dinsdag 11 Augustus in die rype ouderdom van 94 jaar oorlede.

THABAZIMBI – Sekerlik een van die oudste inwoners van Thabazimbi, Tannie Latie Lee is Dinsdag 11 Augustus in die rype ouderdom van 94 jaar oorlede.
Tannie Katie en haar man, Jan Lee, was al die jare oop Vaalwater woonagtig. Hulle het reeds geruime tyd gelede na Thabazimbi verhuis om nader aan die kinders te wees.
Na Oom Jan se afsterwe in 1993 Het Tannie Katie by haar dogter Louisa Fölsher van Eltec Elektries ingetrek en daar gebly tot haar afsterwe.
Tannie Katie word oorleef deur twee susters, een broer, twee dogters, kleinkinders en agterkleinkinders.
Die begrafnis was vanuit die Oase AGS gemeente gister om 13:00.