NEOS Landloop

Die 18 Neos landloop leerlinge wat aan die SACSSA landloopbyeenkoms deelgeneem het.
Die 18 Neos landloop leerlinge wat aan die SACSSA landloopbyeenkoms deelgeneem het.

ERMELO – Agtien leerlinge van Neos Christen Skool het die naweek van 1 Augustus deelgeneem aan SACSSA se landloopbyeenkoms vir onafhanklike skole te Ermelo. In die afdeling vir o/9 meisies het Joané Nel die eerste plek verower nadat sy kort na die wegspring gestruikel en neergeslaan het maar toe haarself vinnig reggeruk het om die resies met ‘n reuse poging ver te wen met haar naaste opponent ongeveer 80 meter agter haar. Ander uitsonderlike prestasies op die dag was behaal deur Janssen du Plessis vir die seuns se 0/10 afdeling en Claire van Lente vir die meisies se o/17 groep met onderskeidelik tweede en derde plek. Ander prestasies is behaal deur Duan Nel 0/12 seuns en Juan Badenhorst o/19 seuns wat albei vierde plek gehaal het. Neos Christen Skool is baie trots op al sy landloopdeelnemers wat die dag meegemaak het!