Makoppa Boeredag

SONY DSC
SONY DSC

SONY DSC
SONY DSC

THABAZIMBI – Die boere van Makoppa, in samewerking met Obaro en Toyota, bied ‘n boeredag aan op Saterdag 15 Augustus 2015 op die plaas Sweet Mountain Home van Kruger Robberts.
Verskeie uitstallers wat betrokke is by die landbou sal die dag hulle produkte kom ten toon stel. Daar sal ook demonstrasies van trekkers en die nuutste implemente op die mark wees.
Die verrigtinge begin reeds Vrydagaand wanneer die uitstallers, nadat hulle hul stalletjies opgerig het, getrakteer word met n skaap op die spit. Daar sal weer n groot markiestent wees met ‘n kontantkroeg waar besoekers heerlik kan ontspan en kuier.
Die dag is bedoel vir die gemeenskap en waarborg die organiseerders dat elke besoeker wat belangstel in die landbou iets sal huistoe neem.
Kom geniet die dag. Dit begin reeds om 08:00 Saterdagoggend. Die demonstrasies vind om 10:00 plaas. Daarna gaan daar gesels en gekuier word tot laataand.
Indien u enige navrae het kan u vir Willem Engelbrecht skakel by 083 787 2542