Kambaku Privaatskool vier Mandeladag deur Bethlehem

Die skenking wat ontvang is van Kambaku Privaatskool.
Die skenking wat ontvang is van Kambaku Privaatskool.

THABAZIMBI – Bethlehem het Vrydag, 17 Julie 2015, Mandeladag ook by Kambaku Privaatskool gevier.
Die leerders het die afgelope maand daagliks kos, skoonmaakmiddels en klere skooltoe gebring wat aan die kinders Bethlehem, Bread of Life, geskenk is
Dié Vrydag is die letters NM 67 met die skenkings geskryf deur die leerlinge.
Die leerlinge van Kambaku is baie trots op die bydrae wat hul kon maak en deur die leiding van die skoolhoof en personeel glo ons dat dit die leerders ïnspireer om ñ bydrae in die gemeenskap te maak en ñ bewussyn te kweek ten opsigte van ander om ons se nood en behoeftes.